Revelation 12:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek het 'n harde stem in die hemel hoor sê: Nou het die verlossing en sterkte en die koninkryk van onse God en die krag van sy Christus gekom, want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, wat hulle aangekla het voor ons God, dag en nag.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het ek ’n kragtige stem in die hemel hoor sê: “Nou het die verlossing en die krag en die koninklike heerskappy van ons God aangebreek, asook die mag van sy Christus. Die aanklaer van ons medegelowiges is neergegooi, hy wat hulle dag en nag voor ons God aangekla het.
Afrikaans 1933/1953 Toe hoor ek 'n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag.
Afrikaans 1983 Toe het ek 'n stem in die hemel gehoor wat hard uitgeroep het: “Nou het ons God die redding gebring, nou is sy mag en koningskap hier, en die gesag van sy Gesalfde! Die aanklaer van ons medegelowiges is uit die hemel uit gegooi, hy wat hulle dag en nag voor ons God aangekla het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe het ek 'n harde stem in die hemel hoor uitroep: “Nou het die verlossing en die krag en die koningsheerskappy van ons God deurgebreek, en ook die volmag van sy •Christus, omdat die aanklaer van ons broers uitgegooi is, hy wat hulle dag en nag voor ons God aangekla het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het ek gehoor iemand skree hard in die hemel en hy sê: “Ons God het ons gered! Hy is baie sterk! Hy is ons Koning en Hy regeer! Ja, die Christus van God regeer oor alles en almal! Want God het die Satan uit die hemel gegooi, die Satan wat elke dag en elke nag die mense beskuldig wat saam met ons glo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek hoor toe iemand wat hard praat sodat almal dit kan hoor: “Nou het God ons gered. Nou het Hy sy krag bewys. Ons God heers oor almal en sy Messias het al die mag. “Kyk net, die een wat gedurig God se kinders oor hulle foute aangekla het, is uit die hemel uitgegooi. Ja, hy het God se mense mos sonder ophou, dag en nag, voor God beskuldig.