Revelation 12:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar het 'n groot wonder in die hemel verskyn; 'n vrou bekleed met die son, en die maan onder haar voete, en op haar hoof 'n kroon van twaalf sterre;
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Groot teken het in die hemel sigbaar geword: ’n vrou wat met die son omklee is, die maan onder haar voete, en op haar kop ’n kroon met twaalf sterre.
Afrikaans 1933/1953 En 'n groot teken het in die hemel verskyn: 'n vrou wat met die son bekleed was, en die maan was onder haar voete, en op haar hoof 'n kroon van twaalf sterre;
Afrikaans 1983 Toe het daar 'n groot teken in die hemel verskyn: daar was 'n vrou met die son as kleed om haar, die maan onder haar voete, en op haar kop 'n kroon van twaalf sterre.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe het daar 'n indrukwekkende teken in die hemel verskyn: 'n vrou beklee met die son, met die maan onder haar voete, en op haar kop 'n kroon van twaalf sterre.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het 'n groot teken in die hemel gesien: Daar was 'n vrou. Die son was haar klere, die maan was onder haar voete, en op haar kop was 'n kroon van twaalf sterre.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In die hemel sien ek toe iets gebeur waaruit ons ’n belangrike les kan leer. Ek het ’n vrou gesien. Haar klere was so helder soos die son self en sy het op die maan gestaan, so belangrik was sy. Op haar kop was ’n kroon wat net mense kry wat wen en nie verloor nie. Die kroon was van twaalf sterre gemaak.