Revelation 11:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle uit die volke en geslagte en tale en nasies sal hulle lyke drie en 'n half sien, en hulle sal nie toelaat dat hulle lyke in die graf gelê word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vir drie en ’n half dae lank sal mense vanuit al die volke, stamme, taalgroepe en nasies hulle lyke sien lê. En hulle sal nie toelaat dat die lyke in ’n grafkamer begrawe word nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En mense uit die volke en stamme en tale en nasies sal hulle lyke drie en 'n halwe dag lank sien en nie toelaat dat hulle lyke in die graf gelê word nie. |
| Afrikaans 1983 | Mense van al die volke, stamme, tale en nasies sal hulle lyke drie en 'n half dae lank daar sien lê en nie toelaat dat hulle begrawe word nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Drie en 'n half dae lank sal mense vanuit die volke en stamme en tale en nasies hulle lyke daar sien lê, maar nie toelaat dat hulle liggame in 'n grafkamer begrawe word nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense van al die volke en stamme en tale en lande sal na hulle lyke kyk, drie en 'n half dae lank. Die mense sal sê niemand mag hulle lyke begrawe nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mense van oral af sal die lyke daar in die straat bekyk. Hulle wou die lyke mos nie begrawe soos dit hoort nie. Dit sal drie en ’n halwe dae so aanhou. |