Revelation 11:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle lyke sal lê op die straat van die groot stad wat geestelik genoem word Sodom en Egipte, waar ons Here ook gekruisig is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle lyke sal langs die breë straat van die groot stad lê. Dit is die stad wat figuurlik Sodom en Egipte genoem word, waar hulle Here ook gekruisig is. |
| Afrikaans 1933/1953 | en hulle lyke sal lê op die straat van die groot stad wat geestelik genoem word Sodom en Egipte, waar ook onse Here gekruisig is. |
| Afrikaans 1983 | Hulle lyke sal in die hoofstraat van die groot stad lê waar hulle Here ook gekruisig is. Die stad word sinnebeeldig Sodom en Egipte genoem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dan sal hulle lyke langs die hoofstraat van die groot stad lê, daardie stad wat, figuurlik gesproke, Sodom en Egipte genoem word, en waar ook hulle Here gekruisig is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En die lyke van die twee getuies sal in die straat van die Groot Stad lê. 'n Mens moet dit geestelik verstaan, daardie stad se naam is Sodom en Egipte. Dit is dieselfde stad waar die mense die twee getuies se Here ook gekruisig het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | en die lyke net daar in die strate van die groot stad Jerusalem laat lê. Niemand sal dit eens begrawe nie. Dis mos ’n skande! Hierdie stad is net so boos soos Sodom van ouds. Soos mense destyds in Egipte onderdruk en sleg behandel is, doen hulle dit nou hier in Jerusalem ook. Ja-nee, dit is mos die einste stad waarin hulle Here ook aan die kruis doodgemaak is. |