Revelation 11:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En wanneer hulle hul getuienis voltooi het, sal die dier wat uit die afgrond opkom, teen hulle oorlog voer en hulle oorwin en hulle doodmaak.
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer hulle egter hulle getuienis klaar gelewer het, sal die dier wat uit die bodemlose put uit opgekom het, teen hulle oorlog maak en hy sal hulle oorwin en doodmaak.
Afrikaans 1933/1953 En wanneer hulle hul getuienis voleindig het, sal die dier wat uit die afgrond opkom, teen hulle oorlog voer en hulle oorwin en hulle doodmaak;
Afrikaans 1983 Wanneer hulle egter hulle getuienis klaar gelewer het, sal die dier wat uit die onderaardse diepte uit kom, teen hulle oorlog maak, hulle oorwin en hulle doodmaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer hulle hulle getuienis klaar gelewer het, sal die dier wat uit die onpeilbare diepte verrys, teen hulle oorlog maak, en die oorhand oor hulle kry, en hulle doodmaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar nadat die twee getuies God se boodskap gebring het, sal die dier kom wat in die onderwêreld woon, en hy sal oorlog maak teen die twee getuies. Hy sal hulle oorwin en hy sal hulle doodmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle sal van God preek tot God besluit dit is genoeg. Dan sal ’n oorlog teen hulle losbrand. Die bose dier sal uit die bodemlose onderaardse diepte uitkom en woes teen hulle veg en wen. Hy sal hulle doodmaak