Revelation 11:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal aan my twee getuies mag gee, en hulle sal duisend twee honderd en sestig dae lank profeteer, bekleed met sakke. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En Ek sal aan my twee getuies, met sakklere aan, opdrag gee om die wil van God vir 1 260 dae lank te verkondig.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal aan my twee getuies gee dat hulle, met sakke bekleed, duisend twee honderd en sestig dae lank sal profeteer. |
| Afrikaans 1983 | “Ek sal aan my twee getuies opdrag gee, en hulle sal, met rouklere aan, my boodskap twaalf honderd en sestig dae lank verkondig.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En Ek sal my twee getuies opdrag gee om, in sak geklee, twaalfhonderd-en-sestig dae lank te gaan profeteer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En God het gesê: “Ek sal vir my twee getuies sê hulle moet rouklere dra en hulle moet 1 260 dae lank my boodskap bring.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Intussen sal Ek twee mense stuur wat die waarheid oor My praat. Hulle sal eenvoudig aantrek soos die profete van ouds wat die volk op die regte pad wou hou. Hulle sal 1 260 dae lank (42 maande) vir die mense van My vertel. Dit is darem nie te lank nie.” |