Revelation 11:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die voorhof wat buite die tempel is, laat weg en meet dit nie; want dit is aan die heidene gegee, en die heilige stad sal hulle twee en veertig maande lank vertrap.
Afrikaans (NLV) 2011 Die voorhof wat buitekant die tempel geleë is, moet jy weglaat en dit nie meet nie, omdat dit aan die nasies oorgegee is. Hulle sal die heilige stad 42 maande lank met die voete vertrap.
Afrikaans 1933/1953 Maar die voorhof buitekant die tempel moet jy uitlaat en dit nie meet nie, want dit is aan die heidene gegee; en hulle sal die heilige stad twee en veertig maande lank vertrap.
Afrikaans 1983 Maar die voorhof, wat buitekant die tempel is, moet jy heeltemal uitlaat en dit nie meet nie, omdat dit aan die heidene oorgegee is, en hulle sal die heilige stad twee en veertig maande lank vertrap.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die voorhof wat buite die tempel is, moet jy buite rekening laat, en nie meet nie, omdat dit aan die heidene oorgegee is. Hulle sal die heilige stad twee-en-veertig maande lank vertrap.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar jy moenie die oop stuk grond buite die tempel meet nie, los dit, want God het dit vir die ander volke gegee. Hulle sal alles in die gewyde stad 42 maande lank plat trap.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moenie die plein buite die tempel meet nie. Los dit maar. Dit gaan vir al die ongelowiges wat God nie dien nie, gegee word. Niemand sal dit onthou nie. Hulle gaan hier in die heilige stad instroom en alles vertrap. Dit gaan darem net ’n beperkte tyd van 42 maande wees.