Revelation 11:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die tempel van God is in die hemel geopen, en die ark van sy testament is in sy tempel gesien, en daar was weerligstrale en stemme en donderslae en 'n aardbewing en groot hael. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe is God se tempel in die hemel geopen, en sy verbondsark wat in sy tempel is, het sigbaar geword. Daar was toe weerligstrale, dreunings, donderslae, ’n aardbewing en ’n hewige haelstorm. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die tempel van God het in die hemel oopgegaan, en sy verbondsark is in sy tempel gesien, en daar was weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael. |
| Afrikaans 1983 | Toe het God se tempel, wat in die hemel is, oopgegaan, en sy verbondsark wat in sy tempel is, het sigbaar geword. Daar het toe weerligstrale, dreunings, donderslae, 'n aardbewing en 'n groot haelstorm gekom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe is God se tempel in die hemel geopen, en die •verbondsark in sy tempel het sigbaar geword. Daar was ook weerligstrale, dreunings, donderslae, 'n aardbewing en 'n groot haelstorm. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En die deure van God se tempel in die hemel het oopgegaan, en 'n mens kon die verbondskis in die tempel sien. Toe was daar weerlig en donderweer, dit het baie geraas. Daar was ook 'n aardbewing en groot stukke hael het geval. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe skuif die deure van God se tempel in die hemel oop. Die ark, wat die teken van God se ooreenkoms met sy mense is en waar God spesiaal teenwoordig is, het in die tempel gestaan, oop en bloot vir almal om te sien. Weerligstrale het geslaan en die donder het gedreun. Groot haelstene het geval en die aarde het gebewe. |