Revelation 11:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die sewende engel het geblaas; en daar was groot stemme in die hemel wat gesê het: Die koninkryke van hierdie wêreld het die koninkryke van onse Here en van sy Christus geword; en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid.
Afrikaans (NLV) 2011 Die sewende engel het toe op sy trompet geblaas. Daar was kragtige stemme in die hemel wat sê: “Die koninklike heerskappy oor die wêreld behoort nou aan ons Here en sy Christus, en Hy sal as koning heers vir altyd.”
Afrikaans 1933/1953 En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid.
Afrikaans 1983 Toe het die sewende engel op sy trompet geblaas. Daar was stemme in die hemel wat hard uitgeroep het: “Die koningskap oor die wêreld behoort aan ons Here en sy Gesalfde, en Hy sal as koning heers tot in alle ewigheid.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die sewende engel het toe op sy trompet geblaas. In die hemel het luide stemme opgeklink wat uitroep: “Die heerskappy van ons Here en sy •Christus oor die wêreld het aangebreek, en Hy sal as koning heers, vir ewig en ewig.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die sewende engel het sy trompet geblaas. Toe het die engele in die hemel hard geskree en gesê: “Die konings van die wêreld regeer nie meer nie! Ons Here en sy Christus regeer nou! Ons Here sal altyd en altyd regeer!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe blaas die sewende engel op sy trompet. ’n Geweldig harde stem uit die hemel sê toe: “Ons Here en sy Messias regeer nou oor die wêreld. Almal weet dit! Hy sal vir ewig en altyd bly regeer.”