Revelation 11:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En in dieselfde uur was daar 'n groot aardbewing, en die tiende van die stad het geval, en in die aardbewing is sewe duisend mense gedood; en die oorblyfsel het bevrees geword en aan die God van die hemel eer gegee.
Afrikaans (NLV) 2011 Op daardie selfde uur was daar ’n geweldige aardbewing en ’n tiende van die stad het inmekaargetuimel. In die aardbewing is 7 000 mense gedood en die oorblywende mense het beangs geword en aan die God van die hemel eer betoon.
Afrikaans 1933/1953 En in die uur het daar 'n groot aardbewing gekom, en 'n tiende van die stad het geval, en sewe duisend mense het in die aardbewing omgekom, en die ander het bevrees geword en aan die God van die hemel heerlikheid toegebring.
Afrikaans 1983 Op daardie oomblik was daar 'n groot aardbewing, en 'n tiende van die stad het inmekaargestort. Sewe duisend mense het in die aardbewing omgekom, en die ander het bevrees geraak en aan die God van die hemel die eer gegee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op daardie uur het daar 'n groot aardbewing plaasgevind, en 'n tiende van die stad het inmekaar gestort. In die aardbewing het seweduisend mense omgekom, maar die res het vreesbevange geraak, en aan die God van die hemel heerlikheid betoon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Op dieselfde tyd was daar 'n groot aardbewing, en dit het een tiende van die stad verwoes. Daar het 7 000 mense gesterf in die aardbewing. Die ander mense het baie bang geword en hulle het die God van die hemel geprys.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe begin die hele aarde geweldig skud. ’n Tiende van die stad het inmekaargestort. Sewe duisend mense is in die aardbewing dood. Die mense wat in die stad oorgebly het, was paniekbevange. Hulle het daar en dan vir God grootgemaak en alle eer aan Hom gegee.