Revelation 11:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het 'n groot stem uit die hemel vir hulle hoor sê: Kom op hierheen. En hulle het opgevaar na die hemel in 'n wolk; en hulle vyande het hulle aanskou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het ook ’n kragtige stem van die hemel af hoor sê: “Kom op hierheen!” Hulle het toe in ’n wolk na die hemel toe opgevaar terwyl hulle vyande toekyk. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het 'n groot stem uit die hemel vir hulle hoor sê: Kom op hierheen! En hulle het opgevaar na die hemel in die wolk, en hul vyande het hulle aanskou. |
| Afrikaans 1983 | Hulle hoor toe 'n harde stem uit die hemel vir hulle sê: “Kom op hierheen!” Toe het hulle in 'n wolk na die hemel toe opgevaar, en hulle vyande het dit gesien. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het hulle 'n harde stem uit die hemel vir hulle hoor sê: “Kom op hierheen!” En hulle het in 'n wolk na die hemel opgevaar, terwyl hulle vyande hulle agternakyk. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het gehoor dat Iemand hard uit die hemel roep: “Julle moet opkom hiernatoe!” En die twee getuies het in 'n wolk opgegaan na die hemel, terwyl hulle vyande vir hulle gekyk het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Iemand uit die hemel praat toe helder en duidelik met die twee boodskappers van God: “Kom hiernatoe.” Voor die oë van hulle vyande is die twee boodskappers in ’n wolk na God toe. |