Revelation 11:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die bewoners van die aarde sal oor hulle bly wees en vrolik wees en geskenke aan mekaar stuur; want hierdie twee profete het die bewoners van die aarde gepynig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die bewoners van die aarde sal juig oor hulle dood en hulle sal baie bly wees daaroor en aan mekaar geskenke stuur, omdat hierdie twee profete die bewoners van die aarde geteister het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die bewoners van die aarde sal bly en verheug wees oor hulle en sal vir mekaar geskenke stuur, omdat die twee profete die bewoners van die aarde gepynig het. |
| Afrikaans 1983 | Die bewoners van die aarde sal bly wees oor hulle dood en hulle daaroor verheug. Hulle sal vir mekaar geskenke stuur. Hierdie twee profete was immers vir die bewoners van die aarde tot 'n teistering. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die aardbewoners sal oor hulle jubel en bly wees, en vir mekaar geskenke stuur, want hierdie twee profete het die aardbewoners gefolter.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En die mense wat op die aarde woon, sal bly wees omdat die twee getuies dood is. Hulle sal juig en hulle sal vir mekaar presente stuur, want die twee getuies was profete en hulle het die mense laat swaarkry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wat nog erger is, is dat daar feeste sal uitbreek. Mense oor die hele wêreld kan hulle blydskap nie in toom hou nie! Hulle gee vir mekaar geskenke, die ene vrolikheid! Die rede vir al die opgewondenheid is die lyke in die straat. Daardie boodskappers van God het immers die mense se gewete baie omgekrap en hulle skuldig laat voel. |