Revelation 11:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En 'n riet soos 'n stok is aan my gegee, en die engel het gestaan en gesê: Staan op en meet die tempel van God en die altaar en die wat daarin aanbid.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe is daar aan my ’n meetstok gegee wat soos ’n septer lyk, en daar is vir my gesê: “Gaan meet die tempel van God en die altaar en die mense wat in die tempel aanbid.
Afrikaans 1933/1953 En 'n riet soos 'n stok is aan my gegee, en die engel het gestaan en gesê: Staan op en meet die tempel van God en die altaar en die wat daarin aanbid.
Afrikaans 1983 Toe is daar vir my 'n meetstok gegee wat soos 'n septer lyk, en daar is vir my gesê: “Staan op en meet die tempel van God en die altaar en die mense wat God daar aanbid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar is toe aan my 'n meetstok gegee, wat net soos 'n staf lyk, met die opdrag: “Staan op, en gaan meet die tempel van God en die altaar, en tel die mense wat in die tempel aanbid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Engel het vir my 'n meet-stok gegee en hy het vir my gesê: “Jy moet kom en jy moet die tempel van God in die hemel meet, jy moet ook die altaar meet en jy moet die mense tel wat in die tempel vir God aanbid.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God gee toe vir my ’n liniaal. “Staan op. Gaan meet die tempel van God, altaar en al. Tel die mense wat besig is om God te aanbid. Skryf dit neer sodat daar presies onthou sal word hoe dit gelyk het.