Revelation 10:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek het na die engel gegaan en vir hom gesê: Gee my die boekie. En hy sê vir my: Neem dit en eet dit op; en dit sal jou buik bitter maak, maar dit sal in jou mond soet wees soos heuning. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het toe na die engel toe gegaan en hom gevra om die boekrolletjie vir my te gee. Sy reaksie was: “Neem dit en eet dit op. Dit sal bitter wees in jou maag alhoewel dit so soet soos heuning sal smaak in jou mond.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En ek het na die engel gegaan en aan hom gesê: Gee my die boekie. Toe sê hy vir my: Neem en eet dit op, en dit sal jou maag bitter maak, maar in jou mond sal dit soet wees soos heuning. |
| Afrikaans 1983 | Ek het na die engel toe gegaan en vir hom gevra om die boekie vir my te gee. Hy sê toe vir my: “Neem dit en eet dit op. Dit sal jou maag bitter maak, maar in jou mond sal dit so soet soos heuning wees.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het toe na die engel gegaan, en hom gevra om die klein boekrolletjie vir my te gee. En hy het vir my gesê: “Neem dit, en eet dit op. Dit sal jou maag bitter maak, maar in jou mond so soet soos heuning wees.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het na die engel gegaan en vir hom gevra om vir my die klein boekrol te gee. Die engel het vir my gesê: “Jy moet dit neem en jy moet dit eet! Dit sal bitter wees in jou maag, maar in jou mond sal dit so soet soos heuning wees!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek stap toe nader na die engel toe: “Gee my asseblief die boekie,” vra ek. “Vat en eet dit,” sê die engel. “As jy dit eet, sal dit lekker wees, soet soos heuning. Maar dan sal jy vreeslik sooibrand daarvan kry.” |