Revelation 10:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die stem wat ek uit die hemel gehoor het, het weer met my gespreek en gesê: Gaan haal die oop boekie in die hand van die engel wat op die see en op die aarde staan.
Afrikaans (NLV) 2011 Die stem wat ek van die hemel se kant af gehoor het, het toe weer met my gepraat deur vir my te sê: “Gaan haal die oopgerolde boekrolletjie wat in die hand is van die engel wat op die see en land staan.”
Afrikaans 1933/1953 En die stem wat ek uit die hemel gehoor het, het weer tot my gespreek en gesê: Gaan, neem die geopende boekie in die hand van die engel wat op die see en op die land staan.
Afrikaans 1983 Die stem wat ek uit die hemel gehoor het, het toe weer met my gepraat en vir my gesê: “Gaan kry die oop boek daar in die hand van die engel wat op die see en die land staan.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe het ek die stem wat uit die hemel kom, weer met my hoor praat: “Gaan haal die oop boekrol in die hand van die engel wat op die see en op die land staan.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het weer gehoor Iemand praat met my uit die hemel. Hy het gesê: “Jy moet die boekrol gaan haal, die boekrol wat oop is en wat in die hand is van die engel wat op die see en die land staan!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het toe weer dieselfde stem as netnou uit die hemel met my hoor praat: “Gaan vat daardie oop boekie uit die hand van die engel wat met die een voet op die see en die ander voet op die land staan.”