Revelation 10:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar in die dae van die stem van die sewende engel, wanneer hy sal begin blaas, sou die verborgenheid van God volbring wees, soos Hy aan sy knegte, die profete, verkondig het.
Afrikaans (NLV) 2011 In daardie tyd wanneer die sewende engel sy trompet sal blaas, sal God se verborge bedoeling verwerklik word, soos Hy dit as goeie boodskap aan sy diensknegte, die profete, bekendgemaak het.”
Afrikaans 1933/1953 maar in die dae van die stem van die sewende engel, wanneer hy met die basuin sal blaas, dan is die verborgenheid van God volbring, soos Hy die blye tyding verkondig het aan sy diensknegte, die profete.
Afrikaans 1983 Op die dag wanneer die sewende engel op sy trompet gaan blaas, sal God se verborge bedoeling met alles bereik word, soos Hy die blye tyding aan sy dienaars, die profete, bekend gemaak het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar gedurende die dae wanneer die sewende engel op sy trompet gaan blaas, sal die misterie van God sy doel bereik, soos wat Hy dit as goeie boodskap aan sy diensknegte, die profete, verkondig het. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer die sewende engel sy trompet blaas, dan sal gebeur wat God voorheen besluit het. Niemand het geweet dat daardie dinge sal gebeur nie, maar God het vir die profete wat Hom dien, gesê dit sal gebeur.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die oomblik dat die sewende engel op sy trompet blaas, gaan God doen wat Hy beloof het. Hy het mos lank terug vir die mense wat Hom dien, die profete, gesê wat Hy van plan is om te doen.”