Revelation 10:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die sewe donderslae hulle stemme laat hoor het, was ek op die punt om te skryf; en ek het 'n stem uit die hemel vir my hoor sê: Verseël die dinge wat die sewe donderslae uitgespreek het, en skryf dit nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En toe die sewe donderslae weergalm het, was ek op die punt om dit op te skryf, maar ek het ’n stem van die hemel se kant af hoor sê: “Hou geheim wat die sewe donderslae weergalm het, en moenie dit opskryf nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe die sewe donderslae hulle stemme laat hoor het, wou ek skrywe; maar ek het 'n stem uit die hemel vir my hoor sê: Verseël wat die sewe donderslae gespreek het, en skryf dit nie op nie. |
| Afrikaans 1983 | En toe die sewe donderslae praat, wou ek dit opskrywe, maar ek het 'n stem uit die hemel hoor sê: “Hou geheim wat die sewe donderslae gesê het; moet dit nie opskrywe nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die sewe donderslae galm, was ek op die punt om dit op te skryf, maar ek het 'n stem uit die hemel hoor sê: “Verseël dit wat die sewe donderslae laat galm het, en moet dit nie opteken nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die donderweer sewe maal geraas het, wou ek skryf wat hulle sê. Maar Iemand het uit die hemel vir my gesê: “Jy moenie vir iemand vertel wat die sewe donderslae gesê het nie! Jy moenie dit neerskryf nie!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het skaars geskreeu of sewe donderslae klap. Uit die hemel is daar gepraat! Met die donder wat so slaan, vat ek toe my pen. Ek wou neerskryf wat ek alles om my hoor. Net toe ek wou begin skryf, hoor ek iemand uit die hemel sê: “Moenie ’n woord neerskryf nie! Hou dit wat jy so deur die donder hoor, geheim.” |