Revelation 10:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek het 'n ander magtige engel uit die hemel sien neerdaal, bekleed met 'n wolk, en 'n reënboog was op sy hoof, en sy aangesig was soos die son, en sy voete soos vuurpilare.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het ek ’n ander kragtige engel gesien wat van die hemel af neergedaal het. Hy was omring deur ’n wolk, met ’n reënboog bokant sy kop. Sy gesig was soos die son, en sy voete soos twee vuurkolomme.
Afrikaans 1933/1953 En ek het 'n ander sterk engel uit die hemel sien neerdaal, bekleed met 'n wolk, en 'n reënboog was oor sy hoof, en sy aangesig was soos die son, en sy voete soos pilare van vuur;
Afrikaans 1983 Toe het ek 'n ander engel, 'n sterke, uit die hemel uit sien afkom. Hy het 'n wolk om hom gehad en 'n reënboog bokant sy kop. Sy gesig was soos die son en sy bene soos vuurpilare.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En ek het 'n ander sterk engel uit die hemel sien afkom. Hy was met 'n wolk omhul, met 'n reënboog bo sy kop. Sy gesig was soos die son, en sy voete soos vuurpilare.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En ek het 'n ander sterk engel gesien wat afkom uit die hemel. Daar was 'n wolk rondom hom, daar was 'n reënboog bokant sy kop, sy gesig het gelyk soos die son en sy voete was soos pilare van vuur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe ek weer sien, kom daar ’n engel uit die hemel. Dié engel was nou vir jou sterk. ’n Mens kon die engel nie so mooi sien nie, want hy het in ’n wolk gestaan met ’n reënboog bo-oor sy kop. Hy was sterk en getrou ook. As jy na sy gesig gekyk het, was dit net of ’n mens reg in die son inkyk. Sy bene het gelyk soos pilare van vuur.