Psalms 99:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) U het hulle geantwoord, HERE onse God: U was 'n God wat hulle vergewe het, al het U wraak geneem op hulle versinsels.
Afrikaans (NLV) 2011 Here ons God, U het hulle geantwoord. U was vir hulle ’n God wat vergewe, maar ook Een wat hulle oortredings straf.
Afrikaans 1933/1953 o HERE onse God, U het hulle verhoor, U was vir hulle 'n vergewende God en Een wat wraak oefen oor hulle dade.
Afrikaans 1983 Here ons God, U het hulle gebede verhoor. U was vir hulle 'n vergewende God, maar Een wat ook hulle sondes gestraf het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Here, ons God, U self het hulle geantwoord. U was vir hulle 'n God wat vergewe, maar ook Een wat hulle dade vergeld.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons God die Here, U het hulle geantwoord, U was 'n God wat mense se sondes vergewe het, maar U het hulle ook gestraf oor die dinge wat hulle gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) O Here, ons God, U het geantwoord toe hulle gevra het. U was bereid om hulle te vergewe, al moes hulle soms vir hulle sonde boet.