Psalms 99:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Moses en Aäron onder sy priesters, en Samuel onder die wat sy Naam aanroep; hulle het die HERE aangeroep, en Hy het hulle geantwoord. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses en Aäron was onder sy priesters, Samuel het sy Naam aangeroep. Hulle het die Here om hulp geroep en Hy het hulle gebed verhoor. |
| Afrikaans 1933/1953 | Moses en Aäron was onder sy priesters, en Samuel onder die aanroepers van sy Naam. Hulle het die HERE aangeroep, en Hy het hulle verhoor. |
| Afrikaans 1983 | Moses en Aäron was onder sy priesters, Samuel onder dié wat sy Naam aangeroep het. Hulle het die Here aangeroep en Hy het hulle gebed verhoor. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses en Aäron was onder sy priesters, Samuel onder dié wat sy Naam aangeroep het. Wanneer hulle die Here aangeroep het, het Hy self hulle geantwoord. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses en Aäron was twee van sy priesters, en Samuel was een van die mense wat tot Hom gebid het. Hulle het tot die Here gebid, en Hy het hulle geantwoord. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mense wat die Here in die ou tyd gedien het, Moses, Aäron en Samuel, het Hom gevra om hulle te help. God het geluister en gehelp. |