Psalms 99:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verhef die HERE onse God, en aanbid voor sy voetbank; want Hy is heilig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Loof die Here ons God! Aanbid Hom by sy voete, want Hy is heilig! |
| Afrikaans 1933/1953 | Verhef die HERE onse God, en buig julle neer voor die voetbank van sy voete. Heilig is Hy! |
| Afrikaans 1983 | Prys die Here ons God. Kom buig in aanbidding voor Hom: Hy is heilig! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Verheerlik die Here ons God, buig in aanbidding voor die voetbank vir sy voete: “Heilig is Hy!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet ons God die Here prys, julle moet voor Hom buig, Hy is heilig. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maak die Here, ons God, groot bo alles. Buig laag voor sy voete. Hy is heilig! |