Psalms 99:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die HERE is Koning; laat die volk bewe! Hy sit tussen die gérubs; laat die aarde beweeg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here is koning! Laat die nasies bewe! Hy sit op die gerubs! Laat die hele aarde bewe! |
| Afrikaans 1933/1953 | Die HERE is Koning; laat die volke bewe! Hy troon op die g,rubs; laat die aarde sidder! |
| Afrikaans 1983 | Die Here regeer: die volke erken bewend sy gesag. Hy troon oor die gerubs: die aarde sidder van ontsag. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here regeer – laat die volke bewe! Hy troon oor gerubs – laat die wêreld sidder! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here is Koning, die volke moet bewe, Hy sit op sy troon bokant die gerubs, die aarde moet skud. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here regeer! Laat elke mens dit weet en dan besef hoe klein hy voor God is. Die Here regeer oor almal bo in die hemel; op die aarde bewe almal voor Hom. |