Psalms 98:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het gedink aan sy goedertierenheid en sy trou teenoor die huis van Israel; al die eindes van die aarde het die verlossing van onse God gesien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het sy liefde en trou teenoor die huis van Israel onthou. Ons God se redding was sigbaar tot aan die uithoeke van die aarde. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy het gedink aan sy goedertierenheid en sy trou aan die huis van Israel; al die eindes van die aarde het die heil van onse God gesien. |
| Afrikaans 1983 | Aan die huis van Israel het Hy sy liefde en sy trou herbevestig; die hele wêreld het gesien dat ons God die oorwinning behaal het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het sy troue liefde, sy getrouheid teenoor die huis van Israel, onthou. Al die uithoeke van die aarde het die verlossing deur ons God gesien. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het weer gedoen wat Hy belowe het, Hy het dieselfde gebly vir die volk Israel. Die mense oral op die aarde het gesien dat ons God oorwin het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy is lief vir Israel. En Hy was altyd getrou aan hulle. Almal op aarde het gesien hoe Hy hulle red en verlos. |