Psalms 98:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die HERE het Sy heil bekend gemaak; sy geregtigheid het Hy openlik laat blyk voor die oë van die nasies. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het sy redding aangekondig. Voor die oë van die nasies het Hy sy regverdigheid getoon. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die HERE het sy heil bekend gemaak, sy geregtigheid voor die oë van die nasies geopenbaar. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het sy oorwinning bekend gemaak, aan die nasies het Hy sy reddingsdade geopenbaar. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het sy verlossing bekend gemaak; voor die oë van die nasies het Hy sy •geregtigheid geopenbaar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het gewys dat Hy oorwin het, Hy het die volke laat sien dat Hy reg doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here steek sy oorwinning nie weg nie. Almal op aarde het gesien hoe Hy reg doen. |