Psalms 98:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | ('n Psalm.) Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied; want hy het wonders gedoen: sy regterhand en sy heilige arm het hom die oorwinning behaal. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sing vir die Here ’n nuwe lied, want Hy het wonders gedoen. Hy het verlossing bewerk met sy krag en Goddelike mag. |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Psalm. Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied, want Hy het wonders gedoen; sy regterhand en sy heilige arm het Hom gehelp. |
| Afrikaans 1983 | 'n Psalm. Sing 'n nuwe lied tot eer van die Here, want Hy het magtige dade gedoen, deur sy krag en Goddelike mag het Hy oorwin. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Psalm. Sing vir die Here 'n nuwe lied, want Hy het wonders gedoen. Sy regterhand, sy •heilige arm, het Hom bygestaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Psalm. Julle moet vir die Here 'n nuwe lied sing, want Hy het wonderwerke gedoen. Hy is sterk, Hy het self oorwin, niemand het Hom gehelp nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sing ’n nuwe lied wat spesiaal net vir die Here gemaak is. Vertel daarin hoe wonderlik Hy is. Hy het wonderlike dinge gedoen. Sy krag en Goddelike grootheid maak dat Hy altyd wen. |