Psalms 97:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Beskaamd staan almal wat gesnede beelde dien, wat op afgode roem; aanbid hom, alle gode. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Almal wat beelde vereer, is tot skande gebring, almal wat roem op hulle nietige afgode; want alle gode moet voor Hom buig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Beskaamd staan almal wat die beelde dien, wat hulle op afgode beroem; al die gode buig hulle voor Hom neer. |
| Afrikaans 1983 | Almal wat beelde dien, wat nikswerd afgode vereer, word ontnugter, want al hulle gode moet voor die Here buig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Almal wat gesnede beelde dien, wat spog met nikswerd afgode, staan beskaamd. Buig in aanbidding voor Hom, alle gode! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Almal wat beelde dien, voel verneder, almal wat gespog het oor goed wat niks beteken nie, almal wat gespog het oor al die gode wat nou voor die Here moet buig. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense wat afgode aanbid, sal hulle kop in skaamte moet laat sak. Elkeen wat ’n afgod sy god maak, sal met ’n rooi gesig staan. Al hierdie gode sal voor die Here neerval, want Hy is die Here wat oor alles heers. |