Psalms 97:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verheug julle in die HERE, julle regverdiges! en dank tot die gedagtenis van Sy heiligheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Regverdiges, wees bly in die Here, en prys sy heilige Naam! |
| Afrikaans 1933/1953 | o Regverdiges, wees bly in die HERE, en loof sy heilige gedenknaam! |
| Afrikaans 1983 | Wees bly in die Here, regverdiges, prys sy heilige Naam. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Verbly julle in die Here, regverdiges, en prys sy •heilige, gevierde Naam. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense wat reg doen, julle moet bly wees omdat julle aan die Here behoort. Julle moet vir Hom dankie sê omdat julle sy heilige Naam ken. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Laat God se kinders van geluk oorloop omdat hulle aan die Here behoort. Prys en dank die Here vir wie Hy is. |