Psalms 97:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Julle wat die HERE liefhet, haat wat sleg is; Hy bewaar die siele van sy gunsgenote; Hy red hulle uit die hand van die goddelose.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle wat die Here liefhet, haat dan wat boos is! Hy beskerm die lewe van sy getroues, Hy red hulle uit die mag van goddeloses.
Afrikaans 1933/1953 o Liefhebbers van die HERE, haat die kwaad! Hy bewaar die siele van sy gunsgenote, Hy red hulle uit die hand van die goddelose.
Afrikaans 1983 Julle het die Here lief; haat dan wat sleg is! Hy bewaar die lewe van sy troue dienaars, Hy red hulle uit die greep van die goddelose.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle wat die Here liefhet, moet die kwaad haat. Hy beskerm die lewe van sy troue volgelinge; uit die hand van goddeloses red Hy hulle.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense wat lief is vir die Here, moet slegte dinge haat. Die Here beskerm die mense wat in Hom glo. Hy red hulle van die mense wat verkeerd doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As jy vir die Here lief is, hardloop dan weg van alles waarvan Hy nie hou nie. Hy sal jou oppas en beskerm teen enigiemand wat jou wil seermaak.