Psalms 96:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want al die gode van die nasies is afgode, maar die HERE het die hemel gemaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die gode van die volke is niks, die Here het die hemele gemaak! |
| Afrikaans 1933/1953 | Want al die gode van die volke is afgode, maar die HERE het die hemele gemaak. |
| Afrikaans 1983 | Al die gode van die volke is niks: dit is die Here wat die hemele gemaak het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, al die gode van die volke is niksbeduidend, maar die Here het die hemel gemaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want al die gode van die volke beteken niks, maar dit is die Hére wat die hemel gemaak het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wat is die ander gode in vergelyking met Hom? Net mooi niks nie! Mense het hulle gemaak. Maar ons Here het die hemel gemaak waar mense dink daardie afgode is. |