Psalms 96:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sê onder die nasies dat die HERE Koning is: ook die wêreld sal vasstaan dat dit nie wankel nie; Hy sal die volke regverdig oordeel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vertel aan die nasies: “Die Here regeer! Die wêreld staan vas en sal nie wankel nie.” Sy oordeel oor volke is regverdig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Sê onder die volke: Die HERE is Koning! Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie. Hy sal die volke regverdig oordeel. |
| Afrikaans 1983 | Verkondig onder die nasies: “Die Here regeer; die wêreld staan vas, dit wankel nie; die Here sal die volke regverdig oordeel.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sê onder die nasies: “Die Here regeer; ja, die wêreld staan vas, dit wankel nie. Hy oordeel volke met billikheid.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet vir die volke sê: “Die Here is Koning. Hy laat die aarde vas staan, dit skud nie.” Hy sal reg doen aan almal wanneer Hy die volke oordeel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vertel vir elkeen op hierdie aarde: “Die Here heers oor alles. Hy is so sterk dat die aarde onbeweeglik vas in sy hand lê. Soos ’n regverdige regter in die hof sal Hy besluit wat eendag van elke mens sal word.” |