Psalms 95:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want Hy is ons God; en ons is die volk van sy weiveld en die skape van sy hand. Vandag as julle sy stem wil hoor, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy is ons God en ons is sy volk, die skape onder sy sorg. Ag, dat julle vandag na Hom sal luister! |
| Afrikaans 1933/1953 | Want Hy is onse God, en ons is die volk van sy weide en die skape van sy hand. Ag, as julle vandag maar na sy stem wou luister! |
| Afrikaans 1983 | Hy is ons God en ons is sy volk, sy kudde, sy skape, deur sy hand versorg. As julle vandag maar na Hom wou luister: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want Hy is ons God en ons is die volk wat Hy laat wei, die kleinvee van sy hand. As julle vandag maar net na sy stem wou luister! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want Hy is ons God, ons is sy volk, Hy is ons Herder. Ons is die skape en die bokke vir wie Hy sorg. Julle moet vandag na Hom luister. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Want Hy is ons God en ons is sy mense. Hy beskerm ons soos ’n herder sy skape versorg en beskerm. Luister asseblief tog na Hom. |