Psalms 95:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kom, laat ons sing tot eer van die HERE, laat ons juig na die rots van ons heil.
Afrikaans (NLV) 2011 Kom, laat ons sing tot eer van die Here! Laat ons juig oor die rots van ons redding!
Afrikaans 1933/1953 Kom, laat ons jubel tot eer van die HERE, laat ons juig ter ere van die rots van ons heil!
Afrikaans 1983 Kom, laat ons jubel tot eer van die Here, laat ons juig oor die rots by wie ons redding vind,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kom, laat ons voor die Here jubel, laat ons juig tot eer van die rots wat ons verlos.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Kom, kom ons sing vir die Here, kom ons juig vir die Rots wat ons altyd red.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here is ons God en ons is sy mense. Kom laat ons ons Here eer. Laat ons lofliedere uit volle bors sing, want Hy het ons gered.