Psalms 94:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | HERE, hoe lank sal die goddelose, hoe lank sal die goddelose seëvier? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hoe lank, Here, sal die goddeloses, hoe lank sal die goddeloses seëvier? |
| Afrikaans 1933/1953 | Hoe lank sal die goddelose, o HERE, hoe lank sal die goddelose jubel? |
| Afrikaans 1983 | Hoe lank, Here, hoe lank sal die goddeloses hulle nog verlustig in die leed van ander mense? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hoe lank sal goddeloses, o Here, hoe lank sal goddeloses jubel? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, hoe lank sal die mense wat verkeerd doen, juig oor wat met ander mense gebeur? Hoe lank sal hulle aanhou om dit te doen? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hoe lank nog gaan mense wat weier om U te dien, daarmee loskom, Here? Hoe lank gaan hulle die lewe geniet? |