Psalms 94:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Hy sal hulle eie ongeregtigheid oor hulle bring en hulle in hulle eie boosheid uitroei; ja, die HERE onse God sal hulle uitroei.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sal hulle sondes vergeld, hulle vernietig oor hulle boosheid. Die Here ons God sal hulle uitwis.
Afrikaans 1933/1953 En Hy laat hulle ongeregtigheid op hulle terugkeer en verdelg hulle in hul boosheid; die HERE onse God verdelg hulle.
Afrikaans 1983 Hy sal hulle laat boet vir hulle dade, Hy sal hulle verdelg oor hulle boosheid. Die Here ons God sal hulle verdelg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En Hy sal hulle onreg na hulle laat terugkeer, met hulle eie kwaad sal Hy hulle vernietig; die Here ons God sal hulle vernietig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy sal daardie mense straf oor hulle sonde, Hy sal hulle laat sterf oor die slegte dinge wat hulle gedoen het. Ons God die Here sal hulle laat sterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ja, die Here sorg dat daardie skurke se slegte dade misluk. Hy sal hulle laat boet. Hy vernietig hulle saam met die kwaad wat hulle doen. Die Here is ons God. Hy vat slegte mense vas!