Psalms 94:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sal die troon van ongeregtigheid gemeenskap met jou hê wat onheil deur 'n wet beraam?
Afrikaans (NLV) 2011 Kan ’n bose regeerder aan U verbind wees, iemand wie se wette ellende bring?
Afrikaans 1933/1953 Het die regterstoel wat onheil stig, met U gemeenskap; wat moeite versin teen die insettinge in?
Afrikaans 1983 U duld geen korrupsie in die regspraak nie, geen mens wat, teen u gebod in, ellende veroorsaak nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kan die setel van vernietiging wat die wet skade aandoen, aan U verbonde wees?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U kan nie 'n vriend wees van slegte regters nie, mense wat ongehoorsaam is aan u wette, en wat ander mense laat swaarkry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U kan dit nie verdra as mense oneerlik is nie. U hou niks daarvan dat slegte mense hulle nie steur aan wat U sê en ander in die moeilikheid laat beland nie.