Psalms 94:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wie sal vir my opstaan teen die kwaaddoeners? of wie sal vir my opstaan teen die werkers van ongeregtigheid? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wie beskerm my teen goddeloses? Wie staan my by teen boosdoeners? |
| Afrikaans 1933/1953 | Wie sal vir my optree teen die kwaaddoeners? Wie sal my bystaan teen die werkers van ongeregtigheid? |
| Afrikaans 1983 | Wie staan by my teen dié wat my leed aandoen? Wie help my teen mense wat my veronreg? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie sal vir my opstaan teen kwaaddoeners? Wie sal vir my in die bres tree teen hulle wat onreg pleeg? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Niemand het vir my gehelp veg teen die slegte mense nie, niemand het my gehelp teen die mense wat slegte dinge doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Is daar iemand wat vir my kant sal kies teen ’n klomp kwaaddoeners? Wie sal my help teen mense wat altyd net verkeerde dinge teen my wil aanvang? |