Psalms 94:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die HERE sal sy volk nie verstoot nie, en Hy sal sy erfdeel nie verlaat nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here sal sy volk sekerlik nie verlaat nie, en sy erfdeel nie laat vaar nie.
Afrikaans 1933/1953 Want die HERE sal sy volk nie verwerp en sal sy erfdeel nie verlaat nie;
Afrikaans 1983 Die Here verstoot nie sy volk nie, die volk wat aan Hom behoort, laat Hy nie in die steek nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, die Here sal sy volk nie in die steek laat nie; sy erfdeel sal Hy nie laat vaar nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want die Here gooi nie sy volk weg nie, Hy los nie die mense wat aan Hom behoort nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sal nooit die rug vir sy kinders draai nie. Mense wat aan Hom behoort, sal Hy nooit in die steek laat nie.