Psalms 94:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy wat die heidene tugtig, sal hy nie teregwys nie? Hy wat die mens kennis leer, sal hy nie weet nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sou Hy wat die nasies straf, dan nie straf nie? Sou Hy wat onderrig, aan kennis ontbreek? |
| Afrikaans 1933/1953 | Sou Hy wat die nasies tugtig, nie straf nie -- Hy wat die mens kennis leer? |
| Afrikaans 1983 | Sou Hy wat die nasies opvoed, nie ook straf nie? Sou Hy wat die mensdom onderrig, self niks weet nie? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy wat nasies vermaan, sal Hy nie straf nie, Hy wat aan mense kennis oordra? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy straf die ander volke. Dink julle dat Hy nie ook vir julle sal straf nie? Dit is Hy wat vir mense leer wat hulle moet weet. Dink julle dat Hy self niks weet nie? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die vraag is nou: Sal die Here, wat vir mense wys wat reg en verkeerd is, dan nie verkeerde dinge straf nie? Natuurlik! Hy sal dit beslis doen! Hy leer hulle dan wat reg en verkeerd is. |