Psalms 93:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die HERE is Koning, Hy is bekleed met majesteit; die HERE is bekleed met sterkte waarmee Hy Hom omgord het; ook is die wêreld vas, dat dit nie wankel nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here is Koning! Hy is met majesteit beklee. Inderdaad, die Here beklee Homself; Hy omgord Homself met krag. Die wêreld is stewig gevestig; dit kan nie wankel nie.
Afrikaans 1933/1953 Die HERE is Koning; Hy is met hoogheid bekleed. Die HERE is bekleed, Hy het Hom met sterkte gegord. Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie.
Afrikaans 1983 Die Here is Koning, Hy beklee Hom met majesteit. Die Here beklee Hom, Hy omgord Hom met krag. Die wêreld staan vas, dit wankel nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here regeer; Hy is met majesteit beklee. Die Here beklee Hom, met krag omgord Hy Hom. Ja, die wêreld staan vas, dit wankel nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here is Koning. Hy dra sy koningklere, Hy is sterk. Hy laat die aarde vas staan, dit skud nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here regeer! Sy grootheid en krag is vir Hom soos sy klere. Kyk hoe vas staan die wêreld, ’n mens kan dit nie sommer rondstoot nie.