Psalms 92:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Om te wys dat die HERE opreg is: Hy is my rots, en daar is geen ongeregtigheid in Hom nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al is hulle oud, sal hulle steeds vrugte dra; hulle is vars en lewenskragtig. |
| Afrikaans 1933/1953 | In die gryse ouderdom sal hulle nog vrugte dra, hulle sal vet en groen wees, [ (Psalms 92:16) om te verkondig dat die HERE reg is, my rots, en in Hom is geen onreg nie. ] |
| Afrikaans 1983 | Selfs in hulle ouderdom sal hulle nog toeneem in krag. Hulle sal fris en lewenskragtig wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die gryse ouderdom gedy hulle nog steeds; hulle is weelderig en blaarryk, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle dra vrugte ook wanneer hulle oud is, hulle is sterk en altyd groen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Selfs as hulle baie oud is, hou hulle aan om goeie dinge te doen. Hulle is dan nog sterk en vol lewe. |