Psalms 92:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die regverdige sal floreer soos 'n palmboom, soos 'n seder op die Líbanon groei hy.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal die einde van my vyande sien. Ek sal hoor sonder om te vrees wanneer boosdoeners teen my opstaan.
Afrikaans 1933/1953 En my oog sien met welgevalle neer op die wat my voorlê, my ore hoor van die wat teen my as kwaaddoeners opstaan.
Afrikaans 1983 Ek kyk op my teëstanders neer, ek luister sonder vrees na die mense wat niks ontsien nie, wat in opstand teen my is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) My oog kyk neer op my teenstanders, op hulle wat teen my opstaan; my oor hoor met vreugde van die kwaaddoeners.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het gesien hoe my vyande val, ek het gehoor hoe skree die mense wat téén my is, die mense wat slegte dinge doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek geniet dit as mense wat my probeer onderkry, my nie stukkend kan trap nie. Ek is nie bang vir hulle nie, al ondermyn hulle my omdat hulle teen my in opstand kom.