Psalms 92:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En my oog sal my begeerte na my vyande sien, en my ore sal my begeerte hoor van die goddelose wat teen my opstaan.
Afrikaans (NLV) 2011 U maak my sterk soos ’n buffel. U salf my met vars olie.
Afrikaans 1933/1953 Maar U verhoog my horing soos van 'n buffel; ek is met vars olie gesalf.
Afrikaans 1983 Maar vir my gee U krag soos dié van 'n buffel, U laat my 'n oorwinningsfees vier.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar U het my horings hoog gelig soos dié van 'n buffel. Suiwer olie is oor my uitgegiet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar U het vir my so sterk soos 'n oer-os gemaak, U het my laat feesvier.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U gee vir my krag om op te staan. U maak my so sterk soos ’n jong buffel. Ek geniet al die goeie dinge waarmee U my oorlaai.