Psalms 91:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Duisend sal aan jou sy val en tienduisend aan jou regterhand; maar dit sal nie naby jou kom nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al sou duisend langs jou val, of tienduisend om jou sterf, naby jou sal dit nie kom nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Al val daar duisend aan jou sy en tien duisend aan jou regterhand -- na jou sal dit nie aankom nie. |
| Afrikaans 1983 | Al val daar duisende langs jou, tienduisende by jou, vir jou sal niks tref nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar kan duisend langs jou val, en tienduisend aan jou regterkant, naby jou sal dit nie kom nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer 1 000 mense langs jou sterf, of 10 000, dan sal daar niks wat sleg is, met jou gebeur nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al is die gevaar rondom jou so groot dat duisende mense langs jou doodgaan, ja, ook al sterf derduisende mense naby jou, sal jy niks oorkom nie. |