Psalms 91:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste woon, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy wat woon in die skuilplek van die Allerhoogste, sal rus in die skadu van die Almagtige.
Afrikaans 1933/1953 Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.
Afrikaans 1983 Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy wat in die beskutting van die Allerhoogste woon, sal oornag in die skaduwee van die Almagtige.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer iemand veilig wil wees by die Hoogste God, wanneer hy wil hê die Almagtige moet hom beskerm,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As jy na die allerhoogste God toe gaan dat Hy jou moet oppas, kan jy van een ding seker wees: Die almagtige God sal jou bewaar.