Psalms 90:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U voer hulle weg soos 'n vloed; hulle is soos 'n slaap; in die môre is hulle soos gras wat opgroei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U vee mense weg soos drome wat verdwyn, soos gras wat in die oggend opkom: |
| Afrikaans 1933/1953 | Weggespoel het U hulle; hulle word 'n slaap; in die môre is hulle soos die gras wat weer uitspruit: |
| Afrikaans 1983 | U maak 'n einde aan 'n mens, hy gaan die doodslaap in. Hy is soos gras wat in die môre afgesny word: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U vee hulle weg in die slaap. In die oggend is hulle soos gras wat opskiet, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U laat mense sterf, hulle lewe is soos slaap wat verby is in die oggend, hulle is soos plante wat verdwyn. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die lewe is kort. U vat die lewe terug. Dit gaan so vinnig verby soos een dag se werk vinnig agter die rug is. Die een jaar na die ander laat U soos water wegspoel. Dit gaan so gou verby soos tyd as ’n mens slaap. Die lewe is soos gras. |