Psalms 90:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En laat die skoonheid van die HERE onse God oor ons wees, en bevestig die werk van ons hande op ons; ja, die werk van ons hande bevestig dit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En mag die Here ons God sy goedheid aan ons bewys, en die werk van ons hande bevestig. Ja, bevestig die werk van ons hande! |
| Afrikaans 1933/1953 | En laat die lieflikheid van die HERE onse God oor ons wees, en bevestig die werk van ons hande oor ons, ja, die werk van ons hande, bevestig dit! |
| Afrikaans 1983 | Laat ons die goedheid van die Here ons God belewe: hou die werk van ons hande in stand, ja, die werk van ons hande, hou dit in stand. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Mag die goedheid van my Heer, ons God, oor ons wees. En ons handewerk, hou dit vir ons in stand, ja, ons handewerk, hou dit in stand. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, ons God, U moet goed wees vir ons, U moet dit goed laat gaan met die dinge wat ons doen, ja, met al die dinge wat ons doen, U moet dit goed laat gaan met alles wat ons doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons bid dat die Here ons God vir ons baie goed sal wees. Maak al ons planne voorspoedig. Gee sukses op alles wat ons begin doen het. |