Psalms 90:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Leer ons dus om ons dae te tel, sodat ons ons harte op wysheid kan wend.
Afrikaans (NLV) 2011 Leer ons ons dae só gebruik dat ons wysheid kan bekom.
Afrikaans 1933/1953 Leer ons om ons dae so te tel dat ons 'n wyse hart mag bekom!
Afrikaans 1983 Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Om ons lewensdae na waarde te skat – dit moet U ons leer, sodat ons 'n hart vol wysheid kan verwerf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U moet vir ons leer om elke dag so te lewe dat ons wyse mense sal word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom vra ons: Help ons om U te dien en om gelukkig te lewe. Maak ons slim sodat ons elke dag sal gebruik om reg te doen.