Psalms 90:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die dae van ons jare is tien en sestig jaar; en as hulle vanweë krag tagtig jaar is, is hulle krag tog arbeid en droefheid; want dit word gou afgesny, en ons vlieg weg.
Afrikaans (NLV) 2011 Die getal van ons jare kan 70 wees, of as ons sterk is, 80. Maar selfs die beste daarvan is vol swaarkry en verdriet. Die lewe is gou verby, en ons bestaan nie meer nie.
Afrikaans 1933/1953 Die dae van ons jare -- daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk is, tagtig jaar; en die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet; want gou gaan dit verby, en ons vlieg daarheen.
Afrikaans 1983 Ons lewe maar sewentig jaar, of, as ons baie sterk is, tagtig, en dié is vol swaarkry en leed. Dit is gou verby, ons vlieg na ons einde toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die dae van ons lewensjare – dit is maar sewentig jaar, en as die kragte daar is, tagtig jaar. En die beste daarvan is vol moeite en rampe; ja, dit gaan gou verby, en ons vlieg weg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons lewe sewentig jaar, of as ons sterk is, dan lewe ons tagtig jaar, en ons kry die hele tyd swaar, daar gebeur elke dag slegte dinge. Ja, dit gaan gou verby, die tyd vlieg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die meeste van ons word maar so 70 jaar oud. Mense wat sterker is, kan dalk nog 80 haal. Maar die lewe loop hand aan hand met swaarkry en hartseer. En dit gaan so bitter gou verby. Die dood kom nog vinniger as wat ons dink.