Psalms 9:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die HERE sal vir ewig bestaan: Hy het sy troon gereed gemaak vir oordeel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die vyande se ondergang het gekom; hulle stede is puinhope vir altyd. Niemand kan hulle meer onthou nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die vyande het omgekom -- puinhope vir ewig; ook die stede wat U verwoes het; hulle gedagtenis, ja, die het vergaan. |
| Afrikaans 1983 | Dit is klaar met die vyand, daar bly net puinhope oor. U het hulle stede verwoes, niemand dink eers meer aan hulle nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die vyand – hulle is tot niet, puinhope vir goed. Die stede het U ontwortel. Die herinneringe aan hulle, dit het verdwyn. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U het ons vyande oorwin, U het hulle stede verwoes, en waar die stede was, is nou net hope klippe. Niemand onthou nou dat daardie stede daar was nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Niemand sal ooit weer oor hulle dink of praat nie. U het selfs die plekke waar hulle gebly het, van die aarde afgevee. Mense sal nooit weer daaraan dink nie. |