Psalms 9:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) O vyand, verwoestings het tot 'n ewige einde gekom, en jy het stede verwoes; hulle gedenkteken is saam met hulle vergaan.
Afrikaans (NLV) 2011 U het die nasies berispe en die goddeloses vernietig; U het hulle name vir altyd uitgevee.
Afrikaans 1933/1953 U het die heidene gedreig, die goddelose laat omkom, hulle naam uitgedelg vir ewig en altyd.
Afrikaans 1983 U het die nasies met vernietiging gedreig, die skuldiges laat omkom, hulle naam vir altyd uitgewis.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) U het die nasies tereggewys, die goddeloses vernietig; hulle naam het U vir altyd en ewig uitgewis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U het vir die volke gesê U sal hulle straf, U het die mense wat verkeerd doen, doodgemaak. Niemand onthou nou hulle name nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U het daardie spul wat U nie ken nie, ernstig gewaarsku. U het ’n einde gemaak aan hulle wat U nie dien nie. U het hulle name van die aarde afgevee.